Language / Taal

 

Hoe kan ek items by KidsXpress bestel?

Daar is twee maniere: Jy kan die Winkel fasiliteit op hierdie webblad gebruik of jy kan kliek op 'Bestelvorm' onder Kortpaaie aan die regterkant van die webblad, die vorm aflaai, invul en aan ons stuur.

Hoe werk die Winkel fasiliteit?

Kyk onder die betrokke produk kategorieë op die webblad en kies die item wat jy wil bestel. Kliek op 'Koop'. Die eerste van 6 stappe volg nou:

(1) Indien nodig kan jy die hoeveelheid aanpas en dan die groen ronde pyltjies kliek om die mandjie te verfris. Indien jy nog items wil koop, kliek op "Terug na Winkel" en kies nog verdere items. Indien jy tevrede is met die items in die mandjie kliek 'Bestel'.

(2) Indien jy vir die eerste keer op KidsXpress se webblad iets bestel, moet jy eers registreer (hoe om te registreer - kyk onder**). Indien jy reeds geregistreer is kan jy kliek op 'Aanmeld' onder bestaande gebruiker.

(3) Kontroleer dat die adres inligting ens. korrek is en indien jou afleweringsadres anders is as jou posadres, kliek op 'Ander afleweringsadres' en voltooi - spesifiek vir Koerier aflewerings. Kliek op 'Volgende'.

(4) Kies jou betrokke metode van aflewering. Die laaste (gratis) opsie is slegs van toepassing op produkte wat elektronies afgelaai word. Indien daar 'n mengsel is van gewone items en items wat elektronies afgelaai word, moet óf Poskantoor óf Koerier gekies word. Kliek op 'Volgende'.

(5) Slegs bank EFT's kan as betalingsmetode gebruik word. Kliek op 'Volgende'.

(6) Kontroleer alle inligting. Indien iets gewysig moet word kan jy terug gaan deur op die betrokke skakel aan die bokant van die 'Mandjie' venster te kliek bv. Afleweringsmetode ens. Noteer die bankbesonderhede sowel as die totale bedrag om 'n EFT te kan doen.  Indien alles korrek is kliek 'Bevestig Bestelling'.

Jy sal 'n epos ontvang as bevestiging dat die bestelling geplaas is. Die status van die bestelling word aangedui as 'In Proses'. Aangeheg aan hierdie epos is ook 'n PDF weergawe van die bestelling wat jy kan uitdruk indien nodig. Sodra KidsXpress die betaling via EFT ontvang sal jy 'n verdere epos ontvang wat aandui dat die bestelling betaal is. Sodra die items versend word sal jy 'n verdere epos ontvang wat aandui dat die items versend is. Sodra die items versend word sal jy ook dan 'n finale epos ontvang wat 'n faktuur insluit vir jou boekhoukundige behoeftes.

**Hoe om te registreer:
Kliek onder nuwe gebruiker op 'Registreer'. 'n Nuwe vorm verskyn waarin jy al die besonderhede moet invul. Kies 'n Gebruikersnaam en Wagwoord wat jy sal kan onthou of skryf dit iewers neer. Kliek op die 'Captcha' (ek is nie 'n robot nie) knoppie, kliek op 'Registreer'. Jy sal nou 'n epos ontvang by die adres wat jy sopas ingevul het. (Kyk ook in jou Spam vouer indien jy nie die epos in jou Inbox sien nie) Daarin is 'n skakel waarop jy moet kliek om die rekening te aktiveer. Dit neem jou terug na die KidsXpress se webblad. Gebruik nou jou gebruikersnaam en wagwoord om aan te teken en voort te gaan met jou aankope.

 

Hoe ontvang ek die lêers wat elektronies versend word?

Hierdie is slegs van toepassing waar aangedui word dat produkte elektronies versend word.

Dieselfde prosedure word gevolg soos wat 'n gewone item bestel word. Maak net seker dat jy onder 'Afleweringsmetode' die opsie kies 'Elektroniese Aflaai' Indien daar 'n mengsel is van gewone items en items wat elektronies afgelaai word, moet óf Poskantoor óf Koerier gekies word.

Sodra KidsXpress die betaling via EFT ontvang sal jy 'n  epos ontvang wat aandui dat die bestelling betaal is. In hierdie epos is daar 'n skakel wat jy kan kliek. Dit neem jou na die webblad waar jy (nadat jy aangemeld het) jou item kan aflaai. Die aflaai-skakel (LAAI AF) is sigbaar in rooi aan die linkerkant van die vorm onder die 'Item' hofie. Kliek daarop en jou lêer sal aflaai.

Al die betrokke lêers is in een zipped vouer geplaas. Unzip die vouer om sodoende toegang tot die enkele lêers te kry: Regs-kliek op die zipped vouer. Gaan dan na 'Extract All' op die menu wat oopmaak, kliek AAN 'Show extracted files when complete'. Die inhoud is nou sigbaar.

Kan ek die status van my bestellings monitor?

Ja, jy kan te enige tyd kliek op die skakel 'Gebruiker' onder Kortpaaie aan die regterkant van die webblad. Meld aan met jou gebruikersnaam en wagwoord. Nou kan jy kies om jou inligting te redigeer indien nodig of jy kan kies 'Vertoon Bestellings'. Kliek dan op 'Detail' van die betrokke bestelling soos nodig.

 

 

 

Top