Language / Taal

’n Handleiding vir die aanbieder en werkboekies vir kinders en bevat:
♦  24 uitgewerkte programme van 30 tot 45 minute met speletjies
♦  saamgesels-Bybelstudies en visuele hulpmiddels

Voorbeeldlesse
In die Kollig
Survivor Israel (Afr)


In die Kollig
’n Oorsigreeks vanaf Genesis tot 2 Samuel
Outeur: Tania Schultz
Illustrasies: Magriet Brink Kry ‘n kykie agter die skerms en voor die kameras om die geheelprentjie van die Ou Testament, vanaf Genesis tot 2 Samuel, te ontdek. Ons Bybelfliek gaan die kollig laat val op ’n ware verhaal waar God die hoofkarakter is.
R 295.00
---Plus CD en 5 werkboekies---
’n Oorsigreeks vanaf Genesis tot 2 Samuel
R 26.00
Koop 35 of meer vir 'n gunstiger prys

Survivor Israel
Oorsigreeks vanaf 1 Konings tot Maleagi
Outeur: Tania Schultz
Illustrasies: Magriet Brink Rugstekery, verbreekte alliansies, leuens en Immunity Idols! Wat kan ons vir kinders uit God se Woord leer met Survivor as tema? Ek het self my bedenkinge gehad, maar het gou met die lees van die boeke 1 en 2 Konings, 1 en 2 Kronieke, wat die basis van hierdie reeks vorm, besef dat dit die ideale tema is!  Die twaalf stamme van die Vereenigde Ryk, die skeuring van die Ryk tussen Juda en Israel as gevolg van afgodediens en die daaropvolgende ballingskap na Babel (Exile Island) is genoeg om die hedengaagse Survivor-deelnemers ’n ding of twee te wys! Hierdie val-en-opstaan verhale van die volk van God is by uitstek ’n geval van Survivor: Heroes vs Villians. Tussen die lang lys ongehoorsame konings van Israel en Juda vind ons helde soos konings Dawid, Josafat, Joas en Hiskia wat deur hul gehoorsaamheid aan die Here kies om ’n skoon, eerlike spel te speel. Ons hoor van die alliansie tussen die profeet Natan en koning Dawid se vrou, Batseba. Ons sien hoe die profeet Elia homself moedeloos onder die besembos op Exile Island, waarheen hy homself gestuur het, bevind en hoor van Jona se stryd om oorlewing op pad na Nineve. Ons leer God ken as dié God wat sy volk se oortredinge oordeel, maar deur sy liefde en genade ’n groepie laat oorbly uit wie die Ultimate Sole Survivor, Jesus Christus, later gebore word.

Tesame met In die Kollig, die voorloper tot Survivor Israel ontdek ons in 39 Bybelboeke meer intriges, uitdagings en oorwinnings as wat al die Survivor-deelnemers in 39 dae kan beleef!  

Survivor Israel is ‘n reeks waarin 9- tot 13-jariges die verhaal van die Ou Testament, vanaf 1 Konings tot Maleagi, ontdek en uitgedaag word om Soul Survivors in God se koninkryk te wees.

Welkom by Survivor Israel: Oortree, Oordeel, Oorleef!

R 295.00
---Plus CD en 5 werkboekies---
Oorsigreeks vanaf 1 Konings tot Maleagi
R 26.00
Koop 35 of meer vir 'n gunstiger prys

God se Boek van Wêreldrekords
Wonderwerke en ander WOW-gebeure uit die Woord
Outeur: Tania Schultz
Illustrasies: Magriet Brink

Hierdie reeks is propvol verstommende feite en verhale oor rekords in die natuur, die mens en die wêreld rondom ons wat die kinders in jou groep se oë sal laat rek! ’n Opwindende, kreatiewe benadering om die WOW-wonders uit die Woord by kinders tuis te bring en hulle te laat ontdek:
God is die wêreld se voorste rekordhouer!

R 255.00
---Plus 5 werkboekies---
Wonderwerke en ander WOW-gebeure uit die Woord
R 26.00
Koop 35 of meer vir 'n gunstiger prys

My Blink ID
Saamdoen idees oor wie ek in Jesus is
Outeur: Tania Schultz
Illustrasies: Magriet Brink

24 Blink Idees om kinders te help om hul identiteit in Jesus te ontdek en uit te leef. Speel dit los met 'n speletjie wat raakpunte het met die tema van die dag. Praat dit uit in die saamgesels Bybelstudie. Knoop dit vas in die ID-boekie propvol aktiwiteite en Bid dit deur. 'n Blink Idee om te gebruik met kinders in kleingroepe by Jeugaksie, skole, kampe en omgeegroep byeenkomste.

R 255.00
---Plus 5 werkboekies---
Saamdoen idees oor wie ek in Jesus is
R 26.00
Koop 35 of meer vir 'n gunstiger prys

Amazing race@kruis
Jou amazing race begin by die kruis
Outeur: Tania Schultz
Illustrasies: Magriet Brink

Sak neer in die wegspringblokke en begin 'n amazing race met hierdie 24 aksie-belaaide lesse van 30 minute elk wat kinders aanmoedig om voluit aan die Christenwedloop deel te neem. Uitstekend vir gebruik inkleingroepe by skole, Jeugaksie, omgee-groepe en kampe. Op jou merke... gereed... gaan... met speletjies, saamgesels Bybelstudie, visuele hulpmiddels en 'n logboekie vol prettige aktiwiteite.

R 255.00
---Plus 5 werkboekies---
Jou amazing race begin by die kruis
R 26.00
Koop 35 of meer vir 'n gunstiger prys
Top