Language / Taal

Die reeks bestaan uit:
♦  ‘n Handleiding met ses volledig uitgewerkte programme.
♦  ‘n CD met liedjies en geluide, Visuele hulpmiddels in swart en in kleur in pdf formaat.
♦  Reeks met werkboekies: Op pad met Jesus en Die kerk se groot werk
    Reekse waarvan die aktiwiteitsblaaie vanaf die CD uitgedruk kan word: ‘n Vrugtefees saam met die Heilige Gees en Jesus Help

Voorbeeldles

Jesus Help


‘n Vrugtefees saam met die Heilige Gees vir kleuters
3- tot 6-jariges leer om meer soos Jesus te wees
Outeurs:  Chrissie Kritzinger en Riana Andersen
Illustrasies: Magriet Brink Hierdie baie gewilde tema is nou ook as kleuterreeks beskikbaar! Galasiërs 5:22-23 sê: “Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing.”
Hoe verduidelik ‘n mens nou hierdie mondvol groot woorde en belangrike konsepte aan ‘n swetterjoel wriemelende kleintjies wat nog nie eens groot-skool toe gaan nie? Maklik! Met ‘n waatlemoen en nog ‘n hele mandjie ander vrugte, met liedjies en bewegings en prentjies en pret. Met ‘n spesiale kuiergas, Appelliefie, wat saam met die kleinspan stadigaan die vrug van die Gees begin verstaan. En met die Heilige Gees as Helper om die Woord vir die belangrikstes in die koninkryk oop te sluit.
 
R 315.00
3- tot 6-jariges leer om meer soos Jesus te wees

Jesus Help!
Kleuters ontmoet die genesende, reddende, wonderwerkende Jesus
Outeurs: Riana Andersen en Chrissie Kritzinger
Illustrasies: Magriet Brink “Help! Help!” gil die wêreld, die mense al om my... Daarom dan hierdie reeks: Jesus Help vir kleuters. Saam leer ons oor die wêreld en mense in die Bybel wat in nood verkeer: honger, siekte, vrees en sonde, en sien dat hulle hulproepe nie op dowe ore val nie: Jesus, ons Redder, help graag!
Ses lesse uit die evangelies wat kleuters aan Jesus, die Redder, voorstel.
Werkblaaie vir aktiwiteite kan vanaf die CD uitgedruk word. 

 
R 315.00
Kleuters ontmoet die genesende, reddende, wonderwerkende Jesus

Op pad met Jesus
Saam met BlinkBen
Outeurs: Riana Andersen en Chrissie Kritzinger
Illustrasies: Magriet Brink BlinkBen  is ’n oulike karretjie wat saam met die kinders op reis gaan. Sy doen en late – én soms streke – bied die aanbieder die geleentheid om geestelike waarhede aan die kleuters oor te dra.

R 315.00
---5 Werkboekies ingesluit---
Saam met BlinkBen
R 28.00
Koop 35 of meer vir 'n gunstiger prys

Die kerk se Groot Werk
Klein mensies kan ’n groot verskil in die wêreld maak
Outeurs: Riana Andersen en Chrissie Kritzinger
Illustrasies: Magriet Brink Deur hierdie ses lesse uit Handelinge sal die kleuters ontdek: Die kerk is nie net ’n gebou nie - Ek is die kerk. God gee vir sy kerk ’n groot werk (Markus 16:15) – Ek is nie te klein om vir God te werk nie.
R 315.00
---5 Werkboekies ingesluit---
Klein mensies kan ’n groot verskil in die wêreld maak
 
R 24.00
Koop 35 of meer vir 'n gunstiger prys
 

 

Top