Language / Taal

 

Ware Noord
‘n Reeks om Jongmense te help om te weet WAT hulle glo en WAAROM hulle glo
Outeur: Renier du Plessis

Retief Burger skryf oor Ware Noord:

In ’n era waar jongmense konstant gebombardeer word met kwelvrae oor God se bestaan en die postmoderne samelewing ons jeug in allerhande onsekere rigtings indwing, moet die kerk die waarheid oor God duidelik en prakties uitbasuin! Ware Noord is ’n suiwer stem wat bo die geraas van ateïsme uitstyg. Dit is ’n uitstekende hulpmiddel vir kerke, jeuggroepe en skole wat op geselstrant die Waarheid in tiener-harte vasmaak. Met praktiese groepbesprekings en relevante Skrifgebruik maak hierdie boek ’n groot impak op die gebied van die apologetiek. Met die lees hiervan is ek opnuut gemotiveer om my geloof met ander te deel en logiese antwoorde op moeilike vrae aan ’n twyfelende, verlore wêreld te gee. Die boek se vertrekpunt is die avontuurlike verhaal van Jonathan Hunter, ’n sewentienjarige seun wat die geleentheid kry om vir drie weke lank op sy oom se manjifieke seilskip Glory te reis. Die verhaal speel af in die jaar 1775. Op die reis ontmoet Jonathan, ’n opregte maar naïewe Christen-tiener, mense wat radikaal anders dink oor die lewe as hy. Die jongmense deel dan in sy stryd om antwoorde te kry op al die moeilike vrae waarmee hy op sy avonture gekonfronteer word. Ware Noord bevat ses byeenkomste vir 13- tot 16-jariges en sluit ‘n CD met ‘n PowerPoint-aanbieding en reproduseerbare uitdeelstuk vir elke les in. Dit is geskik vir aanbieding in groot- en kleingroepe.
R 275.00
---Insluitend Handleiding en CD---
‘n Reeks om Jongmense te help om te weet WAT hulle glo en WAAROM hulle glo

JAarboek
Tieners kies om saam met die leerders van Hoërskool Redell JA te sê vir die lewe!
Deur Karin Theron, Magriet Smit en Sulet van der Bergh

KLIEK HIER OM 'N VOORBEELD VAN DIE LES TE SIEN

KidsXpress is baie opgewonde oor ons eerste reeks vir tieners tussen die ouderdomme 13-16 jaar, JAarboek, vir gebruik in kleingroepe in gemeentes, skole en gemeenskapsuitreike. JAarboek-pakket bestaan uit:

 

1.  ’n E-boek propvol stories wat tieners op hulle selfone aflaai om weekliks ‘n hoofstuk te lees. In dié stories stel die outeurs tieners voor aan die doen en late van Amanda en haar maats, ‘n groepie leerders van Hoërskool Redell.

2.  ’n Handleiding met 26 byeenkomste wat groepleiers sal help om ‘n weeklikse groepsessie aan die hand van die stories te fassiliteer.

Deur JAarboek skep ons ’n veilige omgewing waarbinne daar aan jongmense in ’n groep ruimte gegee word om oor belangrike keuses in hul leefwêreld te praat. Deurdat die karakters van Hoërskool Redell bespreek word, hoef die jongmense nie hulself of hul maats bloot te stel wanneer hulle oor ‘issues’, soos boelies, stres, die liefde en seerkry praat nie. Hulle kan hul eie ervarings verplaas na die karakters in JAarboek. So werk dit:

1.  Bestel die JAarboek-pakket vir elke kleingroep in die gemeente/skool/organisasie. Indien daar byvoorbeeld vier tienergroepe in die gemeente is word daar vier JAarboek-pakkette bestel.   

2.  Met die aankoop van die JAarboek-pakkette verkry tieners toegang om die e-boek af te laai vanaf die KidsXpress webblad (slegs die normale koste verbonde aan die aflaai van data wat deur die internetverskaffer bepaal word, geld.)

3.  Tydens die eerste groepsbyeenkoms deel groepleiers die e-boek skakel met die tieners wat dit dan direk op hulle selfone aflaai. Volledige instruksies vir die aflaai van die e-boek word in die handleiding gegee.

Om 'n JAarboek verbintenisvorm af te laai, kliek HIER.

 

R 400.00
---JAarboek pakket (handleiding en e-boek)---
Tieners kies om saam met die leerders van Hoërskool Redell JA te sê vir die lewe!

Let wel: Posgeld is betaalbaar op die handleiding.

Nadat die pakket bestel en betaal is, sal jy die gedrukte handleiding via koerier/poskantoor ontvang. In die boek is 'n kode wat gebruik moet word om die e-weergawe af te laai. Kliek HIER om na aflaaiblad te gaan.

Top