Language / Taal

Voorbeeldles
Kersfees is ‘n Jesusfees


My Goeie Nuus Inkleurboek
God se goeie nuus is vir almal!
Deur Tania Schultz
Illustrasies deur Magriet Brink My Goeie Nuus Inkleurboek deel die evangelie in eenvoudige taal met 4- tot 8-jariges (of enigeen wat graag inkleur!) Die prente het eenvoudige, skoon lyne wat gemaklik deur klein handjies ingekleur kan word.
 

My Goeie Nuus Inkleurboek
is

•  ideaal vir gemeentes en ander kinderbedieninge as ’n bekostigbare einde-van-die-jaar-geskenk vir kleuters en Graad 1-3’s of as verjaarsdaggeskenk regdeur die jaar.

•  die ideale beloning om kinders te motiveer om byeenkomste gereeld by te woon.

•  ideaal vir tuisgebruik om kinders gedurende die vakansie sinvol besig te hou.

•  die ideale Kers- of verjaarsdaggeskenk vir maatjies, niggies en nefies of kleinkinders. Voeg ’n pakkie potlode by en jy het ’n wenner!

•  Betekenisvol, aangesien dit inkleur met ’n geestelike boodskap is.

R 30.00
---Koop 10 of meer vir gunstiger prys---
God se goeie nuus is vir almal!

Memoires van ’n ma
Deur Tania Schultz Oor eie kinders, miskraamkinders, aanneemkinders, liefhê-en-laat-gaan-kinders – God se kinders Oor Memoires van ’n ma Lizette Murray, skrywer en joernalis vir Lééf, skryf:

Memoires van ’n ma
is ’n aangrypende boek. Dit is méér as net memoires. Dis die verhaal van ’n besondere ma wie se liefde vir kinders verder as haar eie kinders kring. Dis ’n verhaal van God se liefde en gehoorsaamheid aan ’n spesifieke opdrag: “Laat die kindertjies na My toe kom!” Tania Schultz skryf openhartig van haar smagting na nog ’n kindjie toe sy die 40-mylpaal bereik. Die leser word ingetrek in haar verhaal van verlies wat uiteindelik uitloop op ’n nuwe pad van vreugde, liefde en hoop – nie net vir haar en haar gesin nie, maar ook vir babas wat liefde en ’n tydelike tuiste nodig het.

Memoires van ’n ma
is ’n boek vir almal. Dit handel ten diepste oor saamstap met God en om sy roeping en opdrag vir jou lewe duidelik te hoor en dan te gehoorsaam. Annalise Wiid, sanger en skrywer, rubriekskrywer vir LiG, skryf: Terwyl ek Tania se Memoires van ’n ma lees, ruik ek die babapoeier. Ek hoor tevrede kreuntjies. Ek sien fyn gevormde vingertjies en voetjies roer. Eindelose bottels en doeke en deur-die-slaap se middelnagvoedings. En ek sien hoe waagmoed en lewensin geboorte gee aan vervulling en verwondering. Maar wat my die meeste gryp, is die koestering. Want in Memoires van ’n ma, lees mens van die soort koestering wat die pyn van verlatenheid en magteloosheid en desperate hartseer deurbreek en versag – ou pyn, vars pyn en selfs toekomstige pyn.
Koestering. Kan een mens vir ’n ander enigiets mooier gee? Meer terugvoer oor Memoires van ’n ma Hierdie boek is ’n pragtige, eerlike en sensitiewe weergawe van Tania se hart-storie. ’n Storie wat sekerlik gedeel word deur alle ma’s wat weet wat dit is om op te offer, om te gee, aan te gee en oor te gee!
- Lizelle Steenkamp, Pretoria Tania vertel met soveel deernis van haar lewensreis met pienkvoetjies, haar eie en geleendes, dat jy die boek nie vir ’n oomblik wil neersit nie. Mag hierdie memoires, so eg uit ’n ma se hart, ander ma’s, wil-wees-maar-kan-nie-ma’s, kanga-ma’s en aanneem-ma’s, se harte aanraak en oopmaak vir die wete dat God in beheer bly van ons lewens, al ken ons nie die kronkelpaaie nie. Hy los ons hand nie een oomblik nie!
– Santie Nel, Kimberley Op ’n reënerige dag in Pretoria maak ek die boek oop met die idee dat ek net so ’n stukkie sal lees. Ek was immers lus vir ’n koppie tee. Maar ek kon nie ophou lees nie, nie voor ek die boek heeltemal deurgelees het nie. Hierdie boek wat so lekker maklik lees en diep in jou hart die lag en huil van jou siel se stemvurk roer, kan nie neergesit word nie. Ek glo dat elke “wanna-be” ma, elke super-ma en elke gesoute ouma met die lekkerleesstorie sal identifiseer en die boek sal aangee van vriendin tot vriendin.
– Marisa de Lange, Pretoria Die boek is ’n klein juweeltjie!
– Thea Brink, Kleinmond Memoires van ’n ma is ’n boek om aan te gee van vriendin tot vriendin.
R 95.00
Oor eie kinders, miskraamkinders, aanneemkinders, liefhê-en-laat-gaan-kinders – God se kinders

Kersfees is ‘n Jesusfees
‘n Gids wat gesinne help om betekenisvol saam fees te vier
Outeur: Chrissie Kritzinger Hiedie boek is geskryf met die hoop dat 'n nuwe tradisie van betekenisvolle Kersfees rituele in gesinne sal posvat – saamdoen-dinge wat die volgende geslag kinders ook in die kerstyd sal laat vra: gaan ons weer soos altyd elke aand saam die huis versier en oor Jesus praat? Hierdie unieke en interaktiewe boek met sy 14 lesse is geskik vir gesinne, uitgebreide families wat saam vakansie hou, of vriende en omgeegroepe wat dit saam wil aanpak. Dit kan selfs suksesvol benut word as deel van 'n vakansieprogram vir die kinders van die buurt of kerk. Hoewel die belangrikste elemente die saamgesels, bid en sing is, sal die handaktiwiteite baie waardevol wees om die boodskap te herhaal, en boonop die jongspan heeldag besig hou! Bonus:
Cd met nuwe liedjies saam met ou bekende kersliedere om die stemming te skep.  Die CD bevat ook instruksies met fotos wat verduidelik hoe om die handaktiwiteite te doen.
R 100.00
‘n Gids wat gesinne help om betekenisvol saam fees te vier

Melino Mier
Sit jou bril op, trek jou tekkies aan … en kom skarrel saam!
Outeurs: Rozanne Visagie en Jeanette Morton
Illustrasies: Magriet Brink Ouers en kinders ontdek saam hoe wonderlik God is en hoe wonderlik mooi en slim Hy alles in ons wêreld gemaak het. Kleingoed sal met groot plesier hulle sonbrille opsit, hulle tekkies aantrek en ons wonderlike wêreld saam met Melino Mier leer ken. In hierdie vrolike boekie word kinders, eers wanneer hulle ma of pa dit voorlees en later wanneer hulle dit self kan lees, gelei om raak te sien hoe ongelooflik God die wêreld gemaak het. In eenvoudige taal word fassinerende feite omtrent die natuur en verskillende soorte diere vertel, sodat kleintjies sommer baie slimmer sal wees as hulle die boekie deurgewerk het. Vir 5- tot 8-jariges
Bonus:
25 inkleuraktiwiteite
CD met storie-voorlesings en liedjies
R 77.00
Sit jou bril op, trek jou tekkies aan … en kom skarrel saam!

Top