Language / Taal


Werner en Tania Schultz is direkteure van KidsXpress en is uitgestuurdes van die NG Gemeente Helderberg. Hulle ontvang hul diplomas van Petra Kollege vir kinderbediening in Witrivier en het ook verskeie kursusse van Child Evangelism Fellowship® voltooi. Hulle is vanaf 1990 voltyds met kinderbediening besig, eers as koördineerders van PEN-Kinderbediening (Pretoria Evangelisering en Nasorg-Aksie), en daarna as direkteurspaar vir Child Evangelism Fellowship® Wes-Kaap. Hulle kom onder die indruk van die groot behoefte van lesmateriaal vir kinderbediening en begin droom oor ’n organisasie wat spesifiek op die ontwikkeling en uitgee van lesmateriaal en ander hulpbronne vir kinderbediening fokus. So kom KidsXpress in 2004 tot stand as ’n Artikel 21 maatskappy. (Reg. nr: 2004/032410/08). Werner is tans ook deeltyds leraar van NG Die Strand.
Werner, Tania en hul kinders Tiana en Conroy, woon in Somerset-Wes. Hul seun Christiaan woon sedert Augustus 2014 by God in die hemel.
Top