JAarboek
Tieners kies om saam met die leerders van Hoërskool Redell JA te sê vir die lewe!
Deur Karin Theron, Magriet Smit en Sulet van der Bergh
KLIEK HIER OM 'N VOORBEELD VAN DIE LES TE SIEN
KidsXpress is baie opgewonde oor ons eerste reeks vir tieners tussen die ouderdomme 13-16 jaar, JAarboek, vir gebruik in kleingroepe in gemeentes, skole en gemeenskapsuitreike. JAarboek-pakket bestaan uit:
1. ’n E-boek propvol stories wat tieners op hulle selfone aflaai om weekliks ‘n hoofstuk te lees. In dié stories stel die outeurs tieners voor aan die doen en late van Amanda en haar maats, ‘n groepie leerders van Hoërskool Redell.
2. ’n Handleiding met 26 byeenkomste wat groepleiers sal help om ‘n weeklikse groepsessie aan die hand van die stories te fassiliteer.
Deur JAarboek skep ons ’n veilige omgewing waarbinne daar aan jongmense in ’n groep ruimte gegee word om oor belangrike keuses in hul leefwêreld te praat. Deurdat die karakters van Hoërskool Redell bespreek word, hoef die jongmense nie hulself of hul maats bloot te stel wanneer hulle oor ‘issues’, soos boelies, stres, die liefde en seerkry praat nie. Hulle kan hul eie ervarings verplaas na die karakters in JAarboek. So werk dit:
1. Bestel die JAarboek-pakket vir elke kleingroep in die gemeente/skool/organisasie. Indien daar byvoorbeeld vier tienergroepe in die gemeente is word daar vier JAarboek-pakkette bestel.
2. Met die aankoop van die JAarboek-pakkette verkry tieners toegang om die e-boek af te laai vanaf die KidsXpress webblad (slegs die normale koste verbonde aan die aflaai van data wat deur die internetverskaffer bepaal word, geld.)
3. Tydens die eerste groepsbyeenkoms deel groepleiers die e-boek skakel met die tieners wat dit dan direk op hulle selfone aflaai. Volledige instruksies vir die aflaai van die e-boek word in die handleiding gegee.
Om 'n JAarboek verbintenisvorm af te laai, kliek HIER.
|
Let wel: Posgeld is betaalbaar op die handleiding.
Nadat die pakket bestel en betaal is, sal jy die gedrukte handleiding via koerier/poskantoor ontvang. In die boek is 'n kode wat gebruik moet word om die e-weergawe af te laai. Kliek HIER om na aflaaiblad te gaan.
0 Products | - | R 0.00 |
Go to cart |
Werner and Tania Schultz
Address:
38 Drama Street
Somerset West
7130
South Africa
E-mail:
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Tel:
021 852 8645
Office hours:
Tues-Thur: 09:00 - 13:00
Banking Details:
First National Bank [FNB], Somerset West
Account name: KidsXpress
Branch Code: 200-512
Account no: 620 809 36613