Kyk onder die betrokke produk kategorieë op die webblad en kies die item wat jy wil bestel. Kliek op 'Koop'. Die eerste van 6 stappe volg nou:
(1) Indien nodig kan jy die hoeveelheid aanpas en dan die groen ronde pyltjies kliek om die mandjie te verfris. Indien jy nog items wil koop, kliek op "Terug na Winkel" en kies nog verdere items. Indien jy tevrede is met die items in die mandjie kliek 'Bestel'.
(2) Indien jy vir die eerste keer op KidsXpress se webblad iets bestel, moet jy eers registreer (hoe om te registreer - kyk onder**). Indien jy reeds geregistreer is kan jy kliek op 'Aanmeld' onder bestaande gebruiker.
(3) Kontroleer dat die adres inligting ens. korrek is en indien jou afleweringsadres anders is as jou posadres, kliek op 'Ander afleweringsadres' en voltooi - spesifiek vir Koerier aflewerings. Kliek op 'Volgende'.
(4) Kies jou betrokke metode van aflewering. Die laaste (gratis) opsie is slegs van toepassing op produkte wat elektronies afgelaai word. Indien daar 'n mengsel is van gewone items en items wat elektronies afgelaai word, moet óf Poskantoor óf Koerier gekies word. Kliek op 'Volgende'.
(5) Slegs bank EFT's kan as betalingsmetode gebruik word. Kliek op 'Volgende'.
(6) Kontroleer alle inligting. Indien iets gewysig moet word kan jy terug gaan deur op die betrokke skakel aan die bokant van die 'Mandjie' venster te kliek bv. Afleweringsmetode ens. Noteer die bankbesonderhede sowel as die totale bedrag om 'n EFT te kan doen. Indien alles korrek is kliek 'Bevestig Bestelling'.
Jy sal 'n epos ontvang as bevestiging dat die bestelling geplaas is. Die status van die bestelling word aangedui as 'In Proses'. Aangeheg aan hierdie epos is ook 'n PDF weergawe van die bestelling wat jy kan uitdruk indien nodig. Sodra KidsXpress die betaling via EFT ontvang sal jy 'n verdere epos ontvang wat aandui dat die bestelling betaal is. Sodra die items versend word sal jy 'n verdere epos ontvang wat aandui dat die items versend is. Sodra die items versend word sal jy ook dan 'n finale epos ontvang wat 'n faktuur insluit vir jou boekhoukundige behoeftes.
**Hoe om te registreer:
Kliek op 'Gebruiker Aanmeld' onder die Kliënte blokkie aan die regterkant van die webblad. Kliek op 'Registreer' onder Nuwe Gebruiker en voltooi die proses.
Indien jy reeds produkte in die koop-manjdie het en jy nou by die 2e stap (Aanmeld) is, kliek onder Nuwe Gebruiker op 'Registreer'.
'n Nuwe vorm verskyn waarin jy al die besonderhede moet invul. Kies 'n Gebruikersnaam en Wagwoord wat jy sal kan onthou of skryf dit iewers neer. Kliek op die 'Captcha' (ek is nie 'n robot nie) knoppie, kliek op 'Registreer'. Jy sal nou 'n epos ontvang by die adres wat jy sopas ingevul het. (Kyk ook in jou Spam vouer indien jy nie die epos in jou Inbox sien nie) Daarin is 'n skakel waarop jy moet kliek om die rekening te aktiveer. Dit neem jou terug na die KidsXpress se webblad. Gebruik nou jou gebruikersnaam en wagwoord om aan te teken en voort te gaan met jou aankope.