’n Handleiding vir die aanbieder en werkboekies vir kinders en bevat: ♦ 24 uitgewerkte programme van 30 tot 45 minute met speletjies ♦ saamgesels-Bybelstudies en visuele hulpmiddels |
Só kan jy die Graad 1-3 materiaal gebruik:
Graad 1 – Eendag as ek groot is…
Graad 2 – Ken jy vir Jesus?
Graad 3 – Groei, Groei, Groei
Of gebruik die reeks as ‘n drie-jaar siklus vir Graad 1-3
Voorbeeldles
Eendag as ek groot is
Eendag as ek groot is… Ons droom oor eendag, dink oor gister en DOEN vandag! "Eendag as ek groot is gaan ek 'n olifant wees!" “Eendag as ek groot is gaan ek ‘n mamma en 'n juffrou wees en op naweke kan my man na die kinders kyk, dan is ek 'n ruimtevaarder." Ja, kinders kan ure omdroom oor "eendag as ek groot is". In hierdie reeks droom ons saam met die kinders oor wat hulle eendag wil word. Ons droom bv. daaroor om ’n natuurbewaarder te word en ontmoet vir Adam, of ’n bouer en ontmoet vir Nehemia. Ons droom daaroor om koning of koningin te word en leer ken die skone Ester, almal karakters in die Bybel ken by wie ons soveel leer. Maar ons bring ook die drome en die verhale bymekaar om saam te dink oor wat elke kind VANDAG kan kies, kan doen, kan glo. En weet dat dit is hoe ons, saam met God, aan ’n blink toekoms bou.
|
||||
Ken jy vir Jesus? Is Hy jou Here, jou Herder, jou Koning? Outeur: Chrissie Kritzinger Ilustrasies deur: Magriet Brink Hierdie reeks wil vensters oopmaak op wie Jesus is, wat Hy kom doen het, vertel het, hoe Hy lewens aangeraak het terwyl Hy op aarde geloop het, en hoe Hy dit steeds kan en wil doen. Op ‘n dieper vlak vra ons: “Ken jy vir Jesus?” en bedoel daarmee: Het jy ‘n persoonlike verhouding met Hom? Is Hy jou Here, jou Held, jou Koning? Is Hy die een na wie jy draai as jy bang is, bly is, dankbaar of hartseer is? My gebed is dat elke kind wat aan hierdie reeks gaan deelneem, ‘n dieper persoonlike verhouding met Jesus sal ontwikkel, sodat elkeen van hulle ook met blink oë van “My Jesus” sal kan praat…
|
||||
Groei, Groei, Groei
|
||||
Jesus is die Beste |
Hierdie webblad is veilig
0 Produkte | - | R 0.00 |
Besigtig Mandjie |
Werner en Tania Schultz
Adres:
Dramastraat 38
Somerset-Wes
7130
Suid-Afrika
E-pos:
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Tel:
021 852 8645
Kantoorure:
Dins-Don: 09:00 - 13:00
Bankbesonderhede:
Eerste Nasionale Bank [FNB], Somerset-Wes
Rekening naam: KidsXpress
Takkode: 200-512
Rekening nr: 620 809 36613